OP PAD NA UNIONDALE
Net na 'n Paasnaweek by die see in die Suid-Kaap pak ek vroegoggend die lang pad na Pretoria aan. Eers by die Outeniquapas gewaar ek twee voertuie se ligte en volg hulle op 'n afstand. Albei neem die Uniondale/ Graaff-Reinet roete en dit gee 'n gevoel van nie alleen wees nie. Ek het pas 'n bruggie oorgesteek toe die radio-ontvangs van RSG onderbreek word en ek die stasie beter probeer instem. Ek slaag daarin, maar toe ek opkyk was die ligte van die voertuie voor my weg. Skielik voel ek ongerus en onthou vaagweg van 'n storie dat dit op die roete soms onverklaarbaar gebeur dat jy van 'n passasier bewus word. 'n Koue rilling gaan agter my rug af en ek begin vinniger ry. Dit is 'n lang afdraende en toe ek weer teen die volgende bult uitgaan, was die twee voertuie se ligte in sig. Die spook het seker bang geword vir die spoed en uitgeklim!
© fanie marais, 2014