Hond vir 'n wandeling
In sterk skemer in Interlaken, Switserland, kom 'n vrou in 'n gemotoriseerde rolstoel met haar hond aan 'n leiband by my verby. My brein neem twee foto's. Die van die rykes waar ek woon in hulle gholfkarretjies wat daagliks dieselfde doen en van Jaco Cloete (Gesig in die spieël , uit Woordpalet). Ek sou seker heelwat aan die fotobeelde kan verander om dit aanvaarbaarder publikasiemateriaal te maak, maar die werklikheid is onveranderbaar-ook al het mens die gawe om dit in poësie te verberg.
© fanie marais 20/3/2011.
Getrou tot die dood
Die trein na my bestemming vertoef ongeveer 10 minute op Zurich HB (hoofstasie). Geoordeel aan my skoonsuster en swaer van 80 jaar neem 'n paar op die perron afskeid en die buitengewoon netjies- geklede man neem naby my plaas en bly angstig na buite kyk waar sy maat wag.
Die vrou het 'n bruin tabberd aan met bypassende handsak, skoene en serp met bruin en roomkleur. Die wighakskoene is uiters modern Italiaans met lang punte. Die hare is te ruig om eie te wees. Buite is dit koud, maar sy bly op een plek staan en staar stip na binne die trein (maar nie waar haar maat sit nie). Hy probeer 'n paar maal haar aandag trek- sonder sukses. Toe die trein wegtrek, waai hulle met oorgawe vir mekaar. Sy draai om en beweeg moeisaam in die rigting van die trappe.
Is dit getrouheid tot die dood? Of is dit wat ek in 2005 in gedagte gehad het toe ek iewers in die berge van Switserland op 'n papiertjie geskryf het:
Ek soek nie om verstaan te word nie, maar om onvoorwaardelik aanvaar te word vir wie ek en my motiewe is.
© fanie marais, 20/3/2011.
Gewaarwordinge 1990/1:
Daar is te min trane
om die droogte te breek
wat die dood van 'n kind bring.
God-gegenereerd,
mens-verinneweerd,
bestemming ewigheid.
Die gierigaard hoor nie net die klank
van geld nie, maar ook die rente
wat hy daarop kan verdien.
Jou huisdier word vir jou mens,
omdat hy jou aandag soek
sonder om 'n prys daarop te plaas.
Here, ek vra nie insig
vir vandag nie...
net terwyl ek bid
vir vandag.
'n Gebreklike kind op straat
laat my verstaan wat liefde is deur
twee-derdes van sy droë brood
aan die bedelaar te gee.
Padlangs
verberg so dikwels wat werklik is.
Is ons almal maskers wat probeer pas op gesigte,
of is ons gesigte wat eintlik maskers is.
Ek waarborg jou dat die skerwe van ideale
wat nie waar geword het nie,
net diegene sny wat nie met volle oorgawe
daaraan gewerk het nie.
Hoe diep die gat van wanhoop ook al is,
God het die deksel om dit toe te maak.
Aardse sorge vorm jou skouers
sodat jy nie straks in die hemelboog
vashaak nie.
Die moderne waarheid
is dit wat ander mense glo reg is.
Vorentoe vir party, is agtertoe
vir die wat reeds daar was.
Sukses is dikwels iets
waarmee mense jou gelukwens
en glo dat dit geluk is, of hulle toedoen.
Tussen vaal mense blink dikwels sterre.
Lewensgehalte is die bewuswording
van honderde voorregte bo ander
en die wil om dit te begin deel.
Nou sien en verstaan ons ten dele,
dikwels deur 'n waas van trane
en teleurstelling, maar eendag
begryp ons ten volle
deur onsiende oë.
In die skaduwee van sewentig
Gehurk agter lessenaar
daagliks besig met boekemaak
die besef dat daar meer boeke
as tyd is en in die brein
uitsoek en opteken trompop staan
Boeke en digbundels
hopies sonder orde
opsygesit vir later lees
altyd die soeke
na sin van sinne
Onthou opgesluit in kratte
gisters herontdek
die skrywershand makeer
die ink het opgedroog
was dit gister of nou
Die verlede staar
van 'n buiteblad en album
'n knipsel en sonprentjie
onvoltooide hoop
voltooide lewe
Die prente teen die mure
kyk diep in my oë
tot in my siel
en vra kan jy ook sien
ek is nie alleen
Nuwe klein-kind lewe
ego jou wese weer
ek streel jou koppie
voel jou, druk jou vas
herbore uit die as
en die hand skryf teen die muur
aan boekemaak kom geen einde nie
straks tyd vir een laaste inskrywing
© fanie marais 2012
(Bostaande vorm deel van private dokumente en is in 2013 deur Kreativ SA gepubliseer in Hartmosaïek).