WAT HY KON DOEN, HET HY GEDOEN
Etlike jare gelede met 'n besoek aan die begraafplaas te Riebeek-wes, waar my ouers begrawe is (en ander voorsate in plaaskerkhowe in die distrik), trek die grafskrif my aandag. Dit blyk toe 'n familielid te wees wat ek as klein kind geken het en met wie se een seun my broer steeds skakeling het.
Die grafskrif bly etlike dae met my en kry vir my besondere betekenis, veral as maatstaf vir my eie lewe. Ek skryf toe my gewaarwordinge neer en dit beland by die seun Willem van der Merwe (binnekort 80 jaar oud) .
Die skakel lewer toe drie uitgebreide manuskripte op met die titels: Uit die as van gister se vuurtjie (jeugherinneringe), Aljander (studie- en onderwysloopbaan) en Stories Kalô (kortes en langes).
Die manuskripte sluit ook baie inligting in wat my eie geskiedenis raak omrede die oorledene op die plaas Jakkalsvlei, Riebeek-wes van my pa se broer werksaam was en ek dikwels daar tyd deurgebring het tydens my skoolloopbaan. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat die outeur van die manuskripte ten spyte van 'n oorwig stremmende faktore uitmuntend in die lewe gevaar het-hy het gedoen wat hy kon!
© fanie marais,2014